Wednesday, September 19, 2007

The SWAPO Cheque

This storie was in Die Republikein a while ago:

NamWater-geld vloei vir Swapo
• Estelle de Bruyn

Die staat se nasionale watervoorsiener, NamWater, is die jongste slagoffer in die slepende omstredenheid rondom die spogbanket waartydens geld vir Swapo se hoofkantoor in die Khomas-streek ingesamel is.Die feit dat die waarheid ‘n vreemde manier het om die leuen in te haal word weërspieel in ‘n afskrif van ‘n gewisselde tjek van N$20 000.

Dié NamWater-tjek aan die Swapo Party Khomas het gister in Republikein se besit gekom.Dit volg na die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, Donderdag in die Nasionale Vergadering kategories ontken het dat hy, in sy hoedanigheid as beskermheer vir die bou van ‘n nuwe Swapo-hoofkantoor vir die Khomas-streek, plaaslike owerhede en ander organisasies vir hul bydraes genader het. Hy het verduidelik dat hy mense in hul persoonlike hoedanigheid vir bydraes genader het en nie ondernemings nie.

Die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het ook voorheen op ‘n vraag uit opposisie-geledere, geantwoord dat geen ondernemings in staatsbesit bygedra het tot die Swapo-fondsinsameling nie, maar dat individue die hand in eie sak gesteek het om geld te gee vir die nuwe gebou.

Tjeknommer 042655 uit die rekeningnommer van Namibia Water Corporation, 555 0014 4676 van First National Bank se Windhoek korporatiewe tak, taknommer 281 872, is op 20 Oktober vanjaar uitgereik en op 3 November gewissel volgens die bankstempel wat daarop verskyn.

Republikein het op 2 Oktober berig dat ‘n laataand-regstelling by die glansdinee, die aanvanklike skenking van NamWater verander het na ‘n persoonlike skenking van die hoof uitvoerende beampte van NamWater, dr. Veinno Shivute. Dit was net oëverblindery, want Republikein sit vandag met die bewyse dat die geld toe wel uit NamWater se rekening betaal is.

Op 2 November vanjaar het die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, vroom in die Nasionale Vergadering in antwoord op ‘n vraag van mnr. Tsudao Gurirab van die Congress of Democrats (CoD) oor ‘n skenking van Agribank by dieselfde geleentheid, ontken dat enige ondernemings in staatsbesit korporatiewe fondse vir die bou van die hoofkantoor geskenk het. Sy het gesê Swapo het ‘n breëfront geldinsamelingsveldtog van stapel gestuur en mense oor ‘n breë spektrum na die dinee genooi.

Tydens die dinee is individue in hul persoonlike hoedanighede of as verteenwoordigers van hul onderskeie organisasies genooi om ‘n onderneming vir skenkings te gee. “Ek het die versekering gekry dat terwyl AgriBank by die dinee verteenwoordig was, geen betaling deur AgriBank aan Swapo gedoen is nie. Bydraes is deur individue in hul persoonlike hoedanigheid gemaak,” het sy verduidelik.

Volgens ‘n berig in Republikein deur Dani Booysen wat die dinee bygewoon het, het skenkings van benewens Agribank en “dr. Shivute” se NamWater-skenking ook van Trustco en Prowealth gekom wat onder meer N$20 000 elk geskenk het. Die voorsitter van Trustco se direksie, adv. Theo Frank, het verlede week by wyse van ‘n kort brief in die Engelse dagblad egter ‘n verdere regstelling gemaak en gesê mnr. Quinton van Rooyen het die geld in sy persoonlike hoedanigheid geskenk en nie Trustco nie.

See the next post about the nice pictures out of NamWater's SAP system that proves that a Goods Receipt was done, and requisitions and orders existed for this purchase. What I wondering is " Why is SWAPO head office a vendor on NamWater SAP system?" What else do they buy from SWAPO? Nothing! Go check the system. What are the auditors doing about it? Nothing, because they work for Pieter Carlson!

1 comment:

Sho'Mwatala said...

ITS VAINO SHIVUTE for you hater not sitika watse goed mxm