Thursday, November 1, 2007

Article in Repubikein

NamWater in skandvloed
• Estelle de Bruyn

INTERNE dokumentasie van die staat se waterverskaffer, NamWater, het die krane oopgedraai op bestuurslede se beweerde dubbele standaarde, nepotisme en wanbestuur wat tot ’n vloed van verleentheid kan lei.‘n Bemorste hotelkamer, gebruikte kondome en ‘n onbetaalde rekening saam met die “persoonlike skenking” van N$20 000 deur NamWater se hoof uitvoerende beampte, dr. Vaino Shivute, aan Swapo het die staatsmaatskappy opnuut in skande gedompel.

Dokumentêre bewyse in besit van Republikein het nou bevestig dat NamWater se skakelbeampte, mnr. Johannes Shigwedha, tussen 20 en 23 Augustus vanjaar in die Oshandira Lodge op Oshakati skandes gemaak het. Na afloop van sy besoek het die lodge ‘n klagtebrief aan Namwater geskryf waarin beweer word dat mnr. Shigwedha drie van die lodge se spierwit handdoeke gebruik het om sy skoene mee skoon te maak, en dat die wit bedlinne vol bloed was. Boonop kla die lodge omdat ’n vroulike metgesel die kamer gedeel het (gebruikte kondome is in die asblik gekry), terwyl die reisagentskap wat die bespreking gedoen het, die kamer vir ‘n enkelpersoon bespreek het.

Hierbenewens het mnr. Shigwedha die lodge verlaat sonder om die rekening te vereffen.Die verskoning wat later deur Namwater aangebied is, was dat dit inderdaad nié mnr. Shigwedha van Namwater was wat in die lodge op NamWater se rekening en bespreking tuisgegaan het nie, maar sy broer, ‘n ander mnr. Shigwedha.Geen verduidelik is gegee hoekom Namwater sou pa staan vir die rekening van ‘n familielid van een van sy werknemers nie.Volgens koopbewyse van Namwater wat aan die plaaslike reisagentskap wat die reëlings getref het, uitgemaak is, het dr. Shivute en mnr. Welbert Ockhuizen, ook van NamWater, dieselfde tyd as die “broer” van mnr. Shigwedha in dieselfde lodge tuis gegaan.

NamWater-personeel is ontstoke oor die manier waarop dié optrede van mnr. Shigwedha óf sy broer deur senior personeel van NamWater oor die hoof gesien word en dat geen dissiplinêre stappe teen hom ingestel is nie.Terselfdertyd het die spook van die Swapo-skenking van N$20 000 deur NamWater weer begin loop.Die omslagtige ontkennings in 2006 toe mnr. Shivute op ‘n fondsinsamelingsdinee vir ‘n nuwe Swapo-hoofkantoor vir sy Khomas-tak, N$20 000 tot die projek bygedra het, en later teruggekrabbel en gesê het die skenking was in sy persoonlike hoedanigheid, is eweneens as ‘n leuen gestaaf deur afskrifte van NamWater se finansiële state wat in Republikein se besit gekom het.

Volgens aankooporder nommer 4500124665 word “Swapo Party Khomas” as die verkoopsagent (“Vendor”) aangegee ten gunste van wie ‘n tjek ter waarde van N$20 000 op 16 Oktober 2006 uitgereik is vir dienste of ware “wat nog gelewer moet word” en waarvoor ‘n faktuur nog gelewer moet word.

Republikein het op 20 November 2006 reeds berig dat ‘n afskrif van die tjek van NamWater wat glo deur dr. Shivute “in sy persoonlike hoedanigheid” aan Swapo geskenk is, gewissel is.Dit het gevolg nadat beide Eerste Minister Nahas Angula en die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, in die Nasionale Vergadering in antwoord op vrae van die opposisie ten sterkste ontken het dat ondernemings in staatsbesit genader is om by te dra tot die Swapo-koffers of dat hulle belastingbetalersgeld aan die party geskenk het.

1 comment:

Dr Purva Pius said...

Hello Everybody,
My name is Mrs Sharon Sim. I live in Singapore and i am a happy woman today? and i told my self that any lender that rescue my family from our poor situation, i will refer any person that is looking for loan to him, he gave me happiness to me and my family, i was in need of a loan of S$250,000.00 to start my life all over as i am a single mother with 3 kids I met this honest and GOD fearing man loan lender that help me with a loan of S$250,000.00 SG. Dollar, he is a GOD fearing man, if you are in need of loan and you will pay back the loan please contact him tell him that is Mrs Sharon, that refer you to him. contact Dr Purva Pius,via email:(urgentloan22@gmail.com) Thank you.

BORROWERS APPLICATION DETAILS


1. Name Of Applicant in Full:……..
2. Telephone Numbers:……….
3. Address and Location:…….
4. Amount in request………..
5. Repayment Period:………..
6. Purpose Of Loan………….
7. country…………………
8. phone…………………..
9. occupation………………
10.age/sex…………………
11.Monthly Income…………..
12.Email……………..

Regards.
Managements
Email Kindly Contact: urgentloan22@gmail.com